KLANKSPAN
Die tegniese span is verantwoordelik om die tegniese toerusting soos luidsprekers, mikrofone, klankborde, beligting en projeksies vir skoolgeleenthede op te stel en weer alles na die tyd weg te pak en op te ruim. Dié span moet ook tydens hierdie geleenthede aan diens wees as operateurs van hierdie toerusting.
NavraeNOODHULP
Ons skool het ‘n noodhulpspan wat bestaan uit vlak 1, -vlak 2 of vlak 3 noodhulpleerders. Na afloop van hul opleiding tree hierdie flukse leerders as vrywilligers op by verskeie sportbyeenkomste om ondervinding op te doen.
NavraeHANDBOEKSPAN
Ons skool se handboeke is almal elektronies op ‘n sisteem geregistreer. Die handboekspan help met die uitgee en ontvang van die leerders se boeke.
MEDIASPAN
Ons skool beskik oor ‘n geleentheid vir leerders wat lief is vir fotografie en videografie om deel te word van die skool se mediaspan. Leerders leer hier op ‘n informele en praktiese wyse meer van foto’s neem en video-opnames. Die mediaspan vorm deel van Bemarking. Hierdie leerders tree op as fotograwe tydens skoolfunksies en sportgeleenthede.
Navrae