VOORNEMENDE WILGIE
Klein genoeg om persoonlik te wees, groot genoeg om ‘n impak te maak.
Voornemende leerlinge en hul ouers word tydens elke Opedag na ‘n opwindende reis deur die fasiliteite, tradisies en geleenthede wat Hoërskool Die Wilgers aan u kind kan bied, geneem.
Ons hou OPEDAG op 22 April 2024. Voltooi asseblief die registrasievorm sodat ons die nodige details met u kan deel.
INSKRYWINGS INFO
Kry jou Wilgie-inskrywingsvorm hier.
BUSVERVOER
Maak gebruik van ons busvervoer op verskeie roetes.
WILGERBOS KOSHUIS
Want koshuisbrood maak ysters groot! Loer hier.
Hoekom Hoërskool Die Wilgers?
Ons het by ons Wilgies gaan hoor hoekom het hulle ons as hulle hoërskool gekies.
“Omdat ek weet hier sal ek nooit net ‘n nommer wees nie, elkeen word raakgesien.”
Chantené Oosthuizen
Graad 11
“Die Wilgers is n baie rustig skool met ‘n goeie beeld. Hulle doen so baie vir ons, hulle skep altyd lekker aktiwiteite vir ons om aan deel te neem. Hulle gee soveel geleenthede aan sport, kultuur en akademie.”
Leila Stone
Graad 10
“Ek kan presteer in Die Wilgers en dat dit ‘n gebalanseerde skool is. Ek het al van graad 7 af vir Wilgers se atletiek- en landloopspanne deelgeneem en ek het gevoel as of ek daar behoort. Ek was dadelik deel van die familie. Ek kan ook ontwikkel by die Die Wilgers.”
Rita-Mari Haasbroek
Graad 10
Laerskole is ‘n klipgooi weg van H/S Die Wilgers
Al die vooraanstaande Afrikaanse Laerskole in Pretoria-Oos is net ‘n klipgooi weg van ons af. Moenie dat stadsverkeer en die hoë petrolpryse jou fnuik nie. Wees slim, kies slim!