Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria
+128075229
hswilgers@hswilgers.co.za

Hokkie

HOKKIE

Die hokkieseisoen is besig met vyf dogtersspanne en drie seunspanne wat in die G2-hokkieliga speel. Die spanne speel in verskeie vriendskaplike toernooie in die eerste kwartaal ter voorbereiding vir die liga. Die Northerns-hokkieliga begin in die tweede kwartaal. Ons neem deel aan die Northerns G2-liga en ons spanne dring deur na die Noordvaal kompetisie. Ons beplan om binnekort die droom van ‘n astro-veld te bewaarheid.

SEUNSHOKKIE

Ons eerstespan seuns staan bekend as die “White Rhinos”. In 2022 wen hulle die liga deur geen westryd te verloor nie!

DOGTERSHOKKIE

Die eerstespan dogters staan as die “White Tiger” bekend. Die dogters wen, in 2022, 3 van die 4 Northerns-ligas en die White Tigers Eerstespan eindig 3de by Noordvaal in ons afdeling.