Rugby
Ons eerstespan staan bekend as die “White Sharks”.
Noordvaal Blou Bulle Afdeling 2: Stadsbeker
Die Blou Bulle Afdeling 2-Stadsbekerkompetisie neem ‘n aanvang in April met die finaal wat net na die Julie-vakansie plaasvind. Die wenners en naaswenners kwalifiseer vir die Noordvaal-kompetisie met die finaal wat in Augustus gespeel word.
2025 was ’n mylpaaljaar vir rugby by Hoërskool Die Wilgers. Vir die eerste keer het ons spanne in Afdeling 2 van die Noordvaal-reeks meegeding – en wat ‘n ongelooflike begin was dit gewees! Ons o/14-span het die Wilgers-vlag hoog laat wapper deur ’n briljante 2de plek in hul liga te behaal. Die o/15’s en ons 1ste span het dapper deurgedruk en elk 6de geëindig – ’n prestasie wat hul harde werk en toewyding duidelik weerspieël.
Die ware hoogtepunt was dat al drie hierdie spanne vir die Noordvaal-toernooi gekwalifiseer het – ’n merkwaardige mylpaal vir ons eerste jaar in Afdeling 2. Die o/14’s en ons 1ste span het selfs verder tot in die kwarteindstryd, gevorder – ’n bewys van hul vasbyt en Wilgiegees.
Ons 1ste span het vir geskiedenis gesorg toe hulle Limpopo se nr. 1 span, Ben Viljoen, in die Noordvaal-uitspele oortuigend met 36–18 verslaan het. Dit is ’n wedstryd wat lank in die geheue van Wilgers-rugby sal voortleef!
Om uiteindelik 12de uit 29 skole, in Afdeling 2, te eindig, is iets waarop ons as skool ongelooflik trots kan wees. Dit wys dat Wilgers-rugby op pad is na nog hoër hoogtes.
Sewes Rugby
Ons kompeteer jaarliks in die Blou Bulle Noordvaal-liga en bied ook ‘n toernooi by die skool as deel van die liga aan. Ons het verskeie spelers wat ons ook by die Blou Bulle 7’s en 10’s spanne verteenwoordig.
Blou Bulle Provinsiaal
Ons spog met Blou Bulle rugbyspelers wat ons skool verteenwoordig by die Cravenweek, Grant Khomo en Rhinoweek.
Navrae
