Gholf
Hoërskool Die Wilgers bied ons kinders die geleentheid om ’n gebalanseerde ervaring te ondergaan, deur hul talente in die klaskamer, sowel as op die gholfbaan te ontwikkel. Ons bied ’n kind die geleentheid om deel te voel van iets groter as hulself, deur hul skool se waardes, en diensbaarheid teenoor jou medemens, op die gholfbaan te verteenwoordig.
Wilgies neem deel aan die Gauteng-Noord-gholfskoleliga, met sterk kompeterende skole soos Hoërskool Menlopark, Pretoria Boys High, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Eldoraigne. Ons probeer ook om elke jaar ’n dogterspan in die gholfliga in te skryf.
Dit is ons wense dat ’n sport soos gholf sal voortleef by Hoërskool Die Wilgers, want soos ons skool ook bekend staan, dit is ’n sport wat klein genoeg is om groot te wees, en ook groot genoeg om klein te wees.