SPORT
Krieket
Ons krieketseisoen is in die derde kwartaal. Ons speel in vier van die skoleligas en beskik oor een van die beste kolfblaaie in Pretoria. Elke jaar is al ons krieketspanne baie kompeterend en staan ons seuns nie terug vir enige span nie. Ons seuns word nie net afgerig om op die veld te presteer nie, maar ook om ‘n goeie sportman van die veld af te wees.

