WILGIES SLAAN ‘N KISHOU
Tennis
Wilgie-tennis begin al vroeg in die jaar om ons leerders aan die gang en gefokus te hou. Jaarliks word daar uitspele gehou om spanne vir die jaar te bepaal. Die dogters-liga strek oor die eerste kwartaal en die seuns-liga oor die tweede en derde kwartaal.
Ons skool se tennis gaan nie net oor die sport self nie, maar die ontwikkeling van elke leerder individueel en as ‘n span. Dit gaan oor die verhoudings wat daaruit gebou word, vriendskappe wat gevorm word en die sportmangees tussen spelers en opponente. Wilgie-tennis bied leerders die geleentheid om deel van ‘n span te wees.
Ons tennisspan presteer elke jaar goed en ons kan spog met twee provinsiale tennisspelers wat al deur Wilgie-Tennis opgelewer is. Ons span was geseënd om die jaar baie nuwe tennisspelers by te kry.
Hou gerus Wilgies se tennisspelers dop, ons sien uit na hierdie nuwe seisoen.