OUERBETROKKENHEID
Ouers en voogde
Word deel van ons Wilgie-familie, waar ons in almal se lief en leed deel.
Ouerverteenwoordiger:
Me. Lizelle Botha
BLOuers@hswilgers.co.za
WILGIE-KUIERKAFEE
Alle ouers kan by sportbyeenkomste met verkope help. Tydens hierdie geleenthede word nuwe vriendskappe gesluit en word die verkope ‘n aangename kennismaking en kuier.
BIDOUERS
Efesiërs 6:10 sê duidelik dat ons, ons krag in die Here en Sy groot mag moet soek. Op Donderdagoggende om 7:30 is daar ouers wat langs die snoepie saambid. Wind, reën, koue en hitte het hierdie groepie nog nie weggehou nie. Ons bid vir ons skool se personeel, ons kosbare kinders en ouers.
WilGee-groep
Hierdie is ‘n baie spesiale groep Wilgies wat onbaatsugtig uit hul eie beursies, harte en huise gee om die Wilgie-gesinne waar daar werklik groot nood bestaan, te ondersteun. Me. Marilie Combrink bestuur al die WilGee-skenkings. Vir enige navrae: combrinkm@hswilgers.co.za
OUERONDERSTEUNING
Ouers is welkom by die skool en u word aangemoedig om geleenthede by die skool te ondersteun. U teenwoordigheid by funksies en sportaangeleenthede sal waardeer word. Mag die verbintenis tussen u en ons skool baie gelukkig wees.