Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria
+128075229
hswilgers@hswilgers.co.za

Wilgerbos Koshuis

MOET JY ELKE DAG?
  • Baie vroeg opstaan om betyds vir skool te wees;
  • ‘n Lang busrit neem skool toe?
  • Uitmis op skoolaktiwiteite omdat jy ver bly?
  • Lank wag by aflaaipunte?
  • Studietyd verloor a.g.v. lang tye op die pad?
  • Eindelose logistieke reëlings tref?
  • Jou sente tien maal omdraai a.g.v. die hoë brandstofprys?

“Kom loer gerus in en beleef die Wilgerbosleefstyl, want koshuisbrood maak ysters groot!”

VOORDELE VAN KOSHUISLEWE
  • Jy kan altyd aan enige aktiwiteit op die skoolterrein deelneem;
  • Eet elke dag ‘n heerlike gebalanseerde maaltyd;
  • Daar is elke pouse vir jou kos;
  • Gereelde studietyd asook toesig en ekstraklasse is ‘n paar tree weg;
  • Jy het toegang tot WiFi;
  • Jy is altyd betyds vir skool;
  • Benut elke dag jou tyd ten volle;
  • Ons yskas is altyd vol;
  • ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees – oefen by ons skool se gimnasium;
  • Enkel busritte is op Vrydagmiddae en Maandagoggende beskikbaar;
  • ‘n Onderwyser is net ‘n deurklop weg;
  • Maak lewenslange vriendskappe, groei en bou saam karakter.
ALGEMENE INLIGTING

Akkommodasie is vir 20 seuns en 10 dogters beskikbaar. Die koshuis is klein en ons fokus daarop om leerlinge op akademiese sowel as sport-en kultuurgebied te akkommodeer en te ontwikkel.

Voorsien van drie gebalanseerde etes per dag, sowel as pousekos. Daar word omgesien na daaglikse behoeftes en welsyn van almal. Verpligte studietye is weeksaande van 19:00-21:00. Daar is  ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar. Die kandidate wat aansoek doen, word aan ‘n keuringsproses onderwerp. Ons nooi almal vriendelik uit om deel te word van hierdie familie. Kontak ons gerus vir meer inligting: Me. Sanmari Brits (Koshuismoeder) britss@hswilgers.co.za  of Mnr. Johan Brits (Koshuisvader) britsj@hswilgers.co.za of 083 288 8525. AANSOEKVORM