Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria
+128075229
hswilgers@hswilgers.co.za

Ruitersport

Ruitersport

Hoërskool die Wilgers gee erkenning aan ruitersport waar leerders toekennings soos kleure, erekleure en top ruiter in elke afsonderlike dissipline verwerf, asook ruiter van die jaar.
Leerders registreer by SANESA en neem namens die skool deel. Hul neem aan vier kwalifiserende rondtes deel voordat hul kan kwalifiseer vir die Tshwane en SA-spanne. Ons moedig ons leerders aan om ook aan ander ruitersport kompetisies gedurende die jaar deel te neem en gee graag erkenning wanneer hul presteer.
Leerders besit gewoonlik hul eie perde of half-stal. Hul het hul eie afrigters by die onderskeie stalle.

Ons leerders neem onder andere deel aan spring, dresseer, ‘performance riding’, ‘working riding’ en ‘western riding’.
Ons skool se leerders het die afgelope drie jaar plekke in die Tshwane- en Gautengspanne behaal en uitstekend presteer.

Navrae
TOP PRESTASIES

SA-Kampioenruiters:
Schalk Scheepers 
SA nr. 1-Western Riding

Lienke du Preez
SA 4de SANESA-ruiter
Victrix Ludorum 3de
Span Algeheeel 2de plek