Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria
+128075229
hswilgers@hswilgers.co.za

Aansoekvorms

Ons sien uit om jou by Hoërskool Die Wilgers te verwelkom. Ons vertrou dat jy hier by ons ‘n tuiste gaan vind.

 
GRAAD 8-AANSOEKE

Registreer asseblief hier, sodat ons met u belangrike inligting, waar onder andere alle inligting rakende die Gauteng Onderwys Departement (GDO) se aanlynregistrasieproses en ons Opedag, kan kommunikeer.

U moet asseblief ook ‘n WILGIE-AANSOEKVORM voltooi en by die skool inhandig of na admin@hswilgers.co.za te stuur.

Heg asseblief ook die volgende dokumente by u aansoekvorm aan:

•     ID-afskrif van beide ouers
•     Afskrif van geboortesertifikaat van leerder
•     Graad 7-rapport 
•     Bewys van adres

Die aansoekvorm en bogenoemde dokumente by die skoolkantoor ingehandig word of per e-pos gestuur word na admin@hswilgers.co.za

Laai aansoekvorm af
 
 
GRAAD 9-11 AANSOEKE

Voornemende graad 9-11 moet ‘n verkenningsgesprek met die skoolhoof hê. Kontak ons asseblief om ‘n afspraak te maak by admin@hswilgers.co.za.

Met toelating het ons die volgende dokumentasie tesame met u aansoekvorm nodig:

•     ID-afskrif van beide ouers
•     Afskrif van geboortesertifikaat van leerder
•     Laaste relevante rapport
•     Einde van die jaar oorplasingssertifikaat (bv. graad 8 vir graad 9)
•    Bewys van adres

Laai aansoekvorm af

Lees ons prospektus hier!