VAKKEUSES
Die tyd het aangebreek vir u kind om ‘n finale vakkeuse vir Graad 10 – 12 te maak. Vakkeuses berus op die besluit van die ouer en die leerder binne die moontlike vak pakkette wat deur die skool aangebied word.
Meer inligtingONDERSTEUNINGSENTRUM
Verskeie ondersteuningsklasse word op die skoolterrein aangebied en is gerig om leerders addisionele geleenthede in te bied om hulle uitdagings te bowe te kom.
MATRIEKUITSLAE
Wilgies behaal ‘n 100%-slaagsyfer! Ons skool wil graag dat elke leerder sy volle potensiaal bereik, daarom mik ons jaarliks dat elke Wilgie verder kan studeer.

Studiesentrum
Hierdie diens word op die skoolterrein aangebied en is gerig om leerders addisionele geleenthede in die akademie te gee. Hulp vir voorbereiding vir Olimpiades en Ekspo’s is ook beskikbaar.

Ondersteuningsklasse
Leerders kan ‘n afspraak met ‘n vakonderwyser maak vir ‘n ondersteuningsklas op Maandae vanaf 14:00-15:00.

Naskoolsentrum
• Maandae – Vrydae: 14:00 tot 18:00
• Daaglikse en maandelikse tariewe geld.
Kontak me. Gettliffe by: gettliffem@hswilgers.co.za vir meer inligting.

Toetse en Eksamen
Eksamens
Gedurende die Junie- en Novembereksamen word daar in alle vakke eksamen geskryf.
Toetsrooster
Die nuutste toetsrooster sal op D6 versprei word en ook in hardekopie aan leerders uitgedeel word.
Vir enige akademiese navrae kontak asseblief die graadhoof.