ELKE WILGIE NEEM DEEL!
ATLETIEK
Atletiek word in die eerste en vierde kwartaal aangebied. Gedurende die eerste kwartaal vind die Interhuis en dan ten minste drie atletiekbyeenkomste, die Top 10-byeenkoms en die Interhoër plaas.
In die vierde kwartaal word aan ten minste drie byeenkomste deelgeneem. Ons atlete kry geleentheid om aan distrik-, provinsiaal- en nasionale vlak deel te neem.
Die afgelope twee jaar het Hoërskool Die Wilgers se atletiek en atletiek deelname baie gegroei. Daar is ‘n ongelooflike gees onder al die atlete. Ons het ook ‘n sangspan wat ons atlete aanspoor.
VOORSEISOEN
Die atletiek voorseisoen begin Julie waar die atlete ‘n winterseisoen doen. In die vierde kwartaal word aan ten minste drie byeenkomste deelgeneem.
Oefening: Maandae tot Woensdae om 14:00 – 15:30.
SEISOEN
In die atletiekseisoen (Januarie tot Maart) is die oefentye Maandae tot Woensdae om 14:15-15:30. Byeenkomste vind op Vrydae plaas.
Navrae