Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria
+128075229
hswilgers@hswilgers.co.za

Kultuur

Groot Wilgie-sterre het almal klein begin!

Die Wilgers is die jare bekend as ‘n

toonaangewende kultuurskool. Ons diverse kultuuraktiwiteite bied aan elke leerder die geleentheid om diep spore te trap.

Wilgies skitter oral

Toneel

Hoërskool Die Wilgers skryf gereeld in vir plaaslike- en die ATKV-, Pronk Podium-, en FAK-Tienertoneelkompetisies. In die 38 jaar van ons skool se bestaan het ons daarin geslaag om 22 selfgeskrewe stukke vir kompetisies in te skryf; 19 van hierdie stukke was ATKV-streekswenners; 9 het deurgedring tot die finaal en 2 was landswye wenners.

Kontak

Drama – PALI

In ons eie kunateater bied Pali (Performing Arts Lifestyle Institute) klasse aan deur professionele akteurs en leerders die basiese vaardighede wat mens in beide film en teater benodig te leer. Leerders doen ook elke kwartaal ‘n eksamen wat deur industriekenners beoordeel word en aan die einde van die jaar is daar ‘n produksie vir ons Gala-aand. Pali is sedert 2019 by ons produksies en ATKV-Tienertoneel betrokke. Dié Uitvoerende Kunste Instituut se doel is om aspirant-akteurs, direkteure en skrywers vir die toetrede tot die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf voor te berei.

Kontak Lara Lourens: PALI WEBBLADPALI Inskrywingsvorm

Koor

Ons koor is meer as 70 lede sterk. Ons neem aan verskeie konserte deel en kompeteer by die Pretoria Eisteddfod en ATKV-Applous kompetisies.

Kontak

Salix-Sangers

Die Salix-Sangers is ons a capella-sanggroep. Salix is ‘n tipe Wilgerboom. Hierdie leerders tree op by verskeie geleenthede en neem deel aan die Animato A Capella-kompetisie. Die Salix-sangers is in 1985 begin!

Kontak

Kabaret

Verskeie teoretici en kunstenaars het al gepoog om die genre, kabaret, te omskryf, te definieer en in verskeie kategorieë te plaas in ’n poging om die vraag: “Wat is kabaret?” te beantwoord. Baie is van mening dat kabaret nie gedefinieer kan word nie, ander sien kabaret weer as ’n vry-veranderende genre en voel dus dat ’n definisie dit sal inperk en dwing om iets te wees wat dit nie is nie.

Kontak

Redenaars, Orators en Debat

Hier kan elke Wilgie sy “sê sê” – solank dit oortuigend gedoen word. Redenaars, Orators en Debat ontwikkel leerders se redenasievermoë; hulle speel en gooi met woorde. Die gevolg? Redenaars wat ontwikkel en op ATKV-Redenaars- en Van Huyssteens-kompetisies uitblink. Afrikaanse leerders wat werklik vlot tweetalig is kry die geleentheid om by die Orators, in Engels, hul redenasietalente uit te leef. 

Kontak

Innie Kollig

Innie Kollig Talentaand is een van ons skool se skouspelagtige tradisies en word deur die Kultuur UK-lid gekoördineer. Hierdie talentaand is werklik ‘n spogaand waartydens kultuurpresteerders hulle talente ten toon kan stel. Hierdie aande is ons trots. 

Kontak

Eistedfodd

Deelname in voordrag, sang, kuns en musiek. Ons affilieer jaarliks by alle moontlike instansies. Ongeveer 30 leerders neem hieraan deel en tot 50% verwerf kleure op die skool se meriete punteskaal. Lede van dramaskole word ook deur die skool ingeskryf en toekennings word erken. Daar word aan die Pretoria-Centurionkompetisies deelgeneem.

Kontak

Voortrekkers

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hulle roeping tot diens. Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind of sommer net laataand om ’n kampvuur te kuier? Ons staan op aandag wanneer ons jaarliks eer betoon aan leerders wat die Presidentverkenner-toekenning ontvang.

Kontak

Kunsuitstalling

Daar word ook jaarliks ʼn groot kunsuitstalling gehou wat deel vorm van die skool se Kultuurweek. Die Kunsleerders word ook aangemoedig om op ʼn kwartaallikse basis aan kunskompetisies deel te neem. Dit bied aan die leerders die geleentheid om hul standaard met dié van ander skole te vergelyk.

Kontak

Silwerdoek-Wilgies

Ons toneelsterre kry die geleentheid om in verskeie filmrolle te speel:

Desireé Thirion
KykNet Storiefilm hoofrol: Valentynssokkie (2023)

Reuben Post
KykNet Storiefilm:
Valentynssokkie (2023)

Jaco Koster
KykNet Storiefilm:
Dans dat die Biesies Bewe (2023)

Zanje Bodenstein
KykNet Storiefilm hoofrol: KLOON (2022)

Liané Chomse
KykNet: Twee in die Bos (2021)

Kontak
Dis hier waar kunste wortelskiet!

Wilge Teater

‘n Ultra moderne teater! Ons het ‘n volledige tegniese toegeruste kunsteteater met 130 sitplekke! Saam met Pali (Performig Arts Lifestyle Institute) bied ons hier dramaklasse aan.

Kontak

Oud-Wilgie sterre

Ons oud-Wilgies is gebalanseerde en suksesvolle individue! Dit is wat hulle sê:

‘Wat ek die meeste van Hoërskool Die Wilgers waardeer en onthou is die die sterk tradisies, geloofskultuur in Christus en die ontelbare geleenthede wat hulle vir elke enkele kind bied. Jy kan word watookal jy wil en Wilgers gee jou die kans om te kan.’

Ruan Josh & Franja du Plessis

Sangers

“As ek terug dink aan my tyd by Wilgers kan ek nie anders as om te glimlag nie. Ek het die beste herinneringe daar gemaak! Wilgers is ‘n skool wat jou toelaat om jouself te wees. Ek kon my kreatiwiteit en liefde vir toneelspel ten volle uitleef en ek het gevoel asof ek die ondersteuning kry om my passies uit te leef en my droom te volg! Wilgers sal altyd ‘n groot plek in my hart hê!”

Liesl Ahlers

Sangeres & Aktrise

Hoërskool Die Wilgers is waar ek my voete kon vind, vreesloos wees, my lewenslank vriende kon ontmoet en dit is ook waar my liefde vir die kunste begin het. Ek is ewig dankbaar en sal altyd ‘n trotse Wilgie bly!

Cintaine Schutte

Aktrise en televisieaanbieder

Pierre Breytenbach

Akteur & aanbieder (GrootOntbyt & Getroud met Rugby)

Annelie Bouwer

Radio Aanbieder – GrootFM

Hykie Bergh

Akteur & Spreker (Binnelanders)

Pulane Sekepe-Nel

Aktrise, Radio & TV-Aanbieder (Die Kontrak & OFM)

Cintaine Schutte

Aktrise & Aanbieder

Ansu Visser-Van der Sluys

Aktrise & Skrywer (Diepe Waters)

Franja du Plessis

Sangeres

Bok van Blerk

Akteur en sanger

Albert Pretorius

Akteur & Vervaardiger

Anel Alexander

Aktrise & Vervaardiger

Ruan Josh du Plessis

Sanger

Sean Else

Sanger & Vervaardiger

Runaldo Hendricks

Akteur

Rea le Roux

Sangeres

Villiers Steyn

The Safari Expert: Fotograaf & Joernalis

Liezl van der Merwe

Aktrise & danser

Liesl Ahlers

Aktrise, Sangeres & Reggiseur

Laurette Hamman

Operasanger: Sydney Opera House

Cara Meiring

Aktrise