Ons strewe na
Visie
Die visie van Hoërskool Die Wilgers is:- ‘n Dinamiese strewe na uitnemendheid.
- Skep van ‘n leeromgewing van optimale ontwikkeling vir leerders en opvoeders.
- Blootstelling van elke kind aan soveel moontlike geleenthede.
- Elke kind te ontwikkel tot individuele optimale prestasie.
Missie
Ons visie kan deur middel van die volgende missiestellings bereik word:
Wilgie-waardes
Wilgietrots: om dit waarvoor ek omgee, te respekteer en die tradisies van die skool te koester.
Integriteit: om getrou te wees aan myself, aan mekaar, ons skool en ons land.
Liefde: om liefde vir my ouers, gesin, familie, vriende, skool en die gemeenskap te kweek.
Geloof: om ʼn vaste vertroue in my God, my eie vermoëns, my skool en my land se toekoms te hê.
Empatie: om belang te stel in mekaar, vir mekaar om te gee en ons medemens in liefde te ondersteun.
Respek: om respek te hê vir myself, die mense en eiendom om my.
Selfdissipline: om myself te dissiplineer ten opsigte van gedrag en voorkoms.
Wilgie-erekode
Ek is ‘n Wilgie …
Ek is hier geplaas om my God se Naam groot te maak deur ’n verskil te maak in ander se lewens.
’n Wilgie werk hard en speel hard, want hy/sy het Wilgietrots. Geen uitdaging is vir my te groot nie; geen struikelblok sal my keer nie. Ek is trots op dit wat my voorgangers bereik het, maar ek gaan daarop verbeter. Ek sal hulle tradisies eer en voortbou daarop. ’n Wilgie het integriteit Ek sal altyd eerlik en opreg wees. Ek sal my woord gestand doen; mense kan op my vertrou. Ek sal opstaan vir wat reg is, al is dit moeilik. ’n Wilgie is leergierig en lojaal Ek wil die wêreld ondersoek en verstaan. Ek wil vaardighede aanleer om ʼn verskil te maak. Ek sal mense, my skool en my land opbou. ’n Wilgie het geloof Op my God sal ek vertrou. Ek soek Sy Wil elke dag. Sy krag sal my paaie gelyk maak. ’n Wilgie het empatie Ek gee om vir ander mense. Ek sal hul hartseer of pyn raaksien en hulle bystaan. Ek sal saam met hulle bly wees oor hul sukses. ’n Wilgie het respek Ek respekteer myself. Ek respekteer ander mense, hul besittings en die wêreld om my. Deur my optrede sal ek respek verdien. ’n Wilgie het selfdissipline Ek neem verantwoordelik vir my eie gedrag. Ek sal geen steen onaangeroer laat om my doelwitte te bereik nie. My gedrag en voorkoms sal getuig van my voornemens. Ek is ’n Wilgie… My wortels lê diep!