ONS MAAK DIE REGTE SKUIWE
Skaak
Skaak, die spel van konings. Skaak bevorder logiese redenering en ontwikkel analitiese vaardighede. ‘n Leerder se vermoëns om beter te konsentreer ontwikkel en skaak help ook om aandagafleibaarheid te beheer. Wilgie-skaak bied die ideale geleentheid vir leerders om dié wonderlike voordele van skaak te geniet.
Skaak raak al hoe gewilder in skole. As jy skaak speel, moet jy ten alle tye gefokus bly. Skaak is ‘n taamlik ingewikkelde spel wat baie kritiese denke behels. Die vermoë om ‘n probleem op te los is ‘n vaardigheid wat nodig is in alle vakke en in die daaglikse lewe. Dit is eintlik die grootste vaardigheid waarvoor werkgewers in die volwasse wêreld oplet. Konseptualisering, ontleding en evaluering van ‘n spelplan in skaak help om die lewensvaardighede van waarneming en besinning te verbeter. Waarvoor wag jy, kom word deel van ons Wilgie-skaakspan!