BERADING
Die geestelike en emosionele welstand van ons Wilgies is ‘n prioriteit. Alle leerders kan ons berader, me. Suzaan Lourens, by die skool sien.
Konsultasie/onderhoude geskied gedurende 07:00 – 15:00 maar noodgevalle sal onmiddellik hanteer word. Krisis intervensie en verwysings na professionele dienste wat onder andere insluit psigiaters, geestelike leiers van alle gelowe, ens. Emosionele, sosiale en fisiese bystand aan leerders wat trauma ervaar.
NASKOOLSENTRUM
Die onderneming van Hoërskool die Wilgers se Naskoolsentrum is om ’n ondersteunende diens aan die skool te lewer en die skool se missie ten alle tye te onderskryf.
Ons doelwit is om ’n veilige omgewing te bied wat op Christelike waardes gegrond is. Die Wilgers Naskool sal ingestel wees op die optimale individuele groei van leerders deur volledige toesig, die nodige ondersteuning en hulpverlening met akademie en die bestuur van aktiwiteite.
Leerders wat later die middag deur hulle ouers by die skool gehaal word, het geleentheid om by die Naskoolsentrum in te skakel. Die sentrum word deur, me. Marinda Gettliffe bestuur.
GIMNASIUM
Hoërskool Die Wilgers het ‘n ten volle toegeruste gimnasium op die skoolterrein. Leerders oefen onder toesig van die gimnasiumpersoneel en hulle sportafrigters. Leerders kan teen ‘n spesiale tarief ook privaat hier oefen.
Kontak ons