Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria
+128075229
hswilgers@hswilgers.co.za

Ondersteuningsdienste

BERADING

Die geestelike en emosionele welstand van ons Wilgies is ‘n prioriteit. Alle leerders kan ons berader, me. Suzaan Lourens, by die skool sien.

Konsultasie/onderhoude geskied gedurende 07:00 – 15:00 maar noodgevalle sal onmiddellik hanteer word. Krisis intervensie en verwysings na professionele dienste wat onder andere insluit psigiaters, geestelike leiers van alle gelowe, ens. Emosionele, sosiale en fisiese bystand aan leerders wat trauma ervaar.

Kontak ons
GIMNASIUM

Hoërskool Die Wilgers het ‘n ten volle toegeruste gimnasium op die skoolterrein. Leerders oefen onder toesig van die BIOKINETIKUS, gimnasiumpersoneel en hulle sportafrigters. Leerders kan teen ‘n spesiale tarief ook privaat hier oefen.

Kontak ons