Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria
+128075229
hswilgers@hswilgers.co.za

Sport

Elke Wilgie neem deel!

Almal wat wil deelneem, kry die geleentheid. Elke Wilgie ontwikkel volgens sy eie potensiaal met die ondersteuning van hoë kwaliteit afrigting in elke ouderdomsgroep. Het jy geweet slegs leerders wat in ‘n A-span speel, mag aan provinsiale proewe deelneem?  By Hoërskool Die Wilgers glo ons daar is nie so iets soos “ek kan nie”; ons glo dit is net “ek kan nÓg nie”.

Kontak ons

Atletiek

Ons skool strewe daarna om soveel as moontlik atlete die kans te gee om deel te neem. Passie, vaardigheid en toegewydheid resoneer met ons atletiekprogram. Ons top 10-atlete staan as die “White Pumas” bekend.

Kontak ons

Landloop

Landloop is ‘n wintersport wat in die derde kwartaal aangebied word. Ons neem ook aan die klubbyeenkomste deel. Landloopoefening vind dwarsdeur die jaar plaas en leerders word aangemoedig om gereeld te oefen.

Kontak ons

Hokkie

Die hokkieseisoen is heerlik besig met dogters- en seunspanne wat in die Northerns G2-liga speel. Die liga vind in tweede kwartaal en soms tot in die derde kwartaal plaas. Alle ligawedstryde word op astroturf gespeel. Verskeie van ons spanne neem met groot sukses aan die Noordvaalkompetisie deel. Die eerstespan dogters staan as die “White Tigers” bekend en die seuns is die “White Rhino’s”.

Kontak ons

Netbal

Wilgies se netbal behou jaarliks uitstekende uitslae in die liga en is ‘n span om mee rekening te hou, danksy ons lojale en trotse netbaldogters en bekwame afrigters. Die eerstespan staan as die “White Eagles” bekend.

Kontak ons

Rugby & Sewes Rugby

Ons rugbyspanne is die topspanne in die Noordvaal Blou Bulle Afdeling 2-liga. Daar is verskei seuns wat ons by die Blou Bulle spanne verteenwoordig. Ons eerstespan staan as die “White Sharks” bekend en dit bly ’n voorreg om vir hierdie span te speel.

Kontak ons

Sagtebal

Sagtebal is ‘n opwindende sport. Ons het bekwame afrigters wat ons spanne afrig. Wilgies Sagtebal lewer elke jaar vele Gautengspelers op. Ons spanne speel in die A-liga. Die eerstespan staan as die “White Lions” bekend.

Kontak ons

Swem

Swem is ‘n spansport waar jou individuele prestasie bydrae tot die span se prestasie. Wilgies oefen vroeg voor skool by ‘n professionele afrigter. Ons skool word ook op nasionale vlak verteenwoordig.

Kontak ons

Krieket

Met afrigters wat die ekstra myl loop, hoef ons spelers nie ’n enkele millimeter terug te staan in die hitte van ’n kompeterende krieketwedstryd nie. Daar is ook verskeie dogters wat hierdie sportsoort op provinsiale vlak speel. Die eerstespan staan as die “White Knights” bekend.

Kontak ons

Ruitersport

Hoërskool Die Wilgers se ruitersportspan neem jaarliks aan die SANESA en Western Mounted Games deel. Ons ruiters behaal uitstekende uitslae elke jaar en toon vernuf en puik ruitervaardigheid. Ons kan spog met Suid-Afrikaanse kampioene wat Wilgies is! Die topruiters staan as die “White Mustangs” bekend.

Kontak ons

Tennis

Wilgie-tennis het mooi gegroei tot ’n span waarmee daar rekening gehou moet word. Ons tennisspelers moet beslis nie onderskat word as hulle op die baan stap nie. Die eerste tennisspan staan as die “White Wolves” bekend.

Kontak ons

Tafeltennis

Tafeltennis bied aan leerders die geleentheid om spoed, konsentrasie en strategiese denke te ontwikkel in ’n dinamiese en opwindende sport. Ons skool spog met twee spanne wat aan die plaaslike liga deelneem en met trots teen ander skole meeding. Deur tafeltennis leer leerders die waarde van spanwerk, dissipline en sportmangees, terwyl hulle hul vaardighede en selfvertroue op en van die baan af ontwikkel.

Kontak ons

Jukskei

Jukskei is ’n unieke en tradisionele Suid-Afrikaanse sport wat spanwerk, konsentrasie en presisie bevorder. Ons jukskeispelers neem met trots deel aan plaaslike kompetisies en ontwikkel nie net hul vaardighede op die baan nie, maar ook sportmangees en deursettingsvermoë. Die sport bied leerders die geleentheid om aktief deel te wees van ’n sterk spanomgewing waar dissipline, fokus en pret hand aan hand gaan.

Kontak ons

Skaak

Skaak ontwikkel ‘n leerder se vermoëns om beter te konsentreer en talle wetenskaplike studies het al bewys dat skaak ‘n kind se intelligensie ontwikkel. 

Kontak ons

Gholf

Gholf bied aan leerders die geleentheid om selfdissipline, fokus en deursettingsvermoë te ontwikkel in ’n sport wat presisie en karakter bou. Ons gholfspelers verteenwoordig die skool met trots tydens verskeie wedstryde en toernooie, en neem ook deel aan die plaaslike liga teen skole regoor Pretoria. Sportmangees en respek staan altyd voorop, terwyl leerders deur gholf waardevolle lewensvaardighede soos geduld, verantwoordelikheid en strategiese denke ontwikkel.

Kontak ons