GRAAD 8’S VAN 2027
OPEDAG 20 APRIL 2026
STAP 1:
Registreer nou hier vir ons Opedag op Maandag, 20 April 2026.
STAP 2: Voltooi jou Wilgies toelatingsvorm en stuur na admin@hswilgers.co.za
STAP3: Voltooi die Gauteng Onderwys Departement se aanlynregistrasie: www.gdeadmissions.gov.za
Hou die spasie dop vir meer inligting!
Inskrywing Navrae: Me. Carina Venter by admin@hswilgers.co.za
Die skool waar elke kind floreer
Ons glo elke Wilgie neem deel.
Geleenthede
Hoërskool Die Wilgers is ‘n gebalanseerde skool waar elke kind blootstelling kry aan soveel moontlike geleenthede.
Ontwikkeling
Ons strewe daarna om elke leerder op akademiese, geestelike, sosiale, kulturele en sportgebied tot sy volle potensiaal te laat ontwikkel.
Prestasie
Elke kind te ontwikkel tot individuele optimale prestasie.
TOEKOMSTIGE WILGIES
Word ‘n Wilgie
Hoërskool Die Wilgers bied wonderlike en interessante geleenthede om deel van die groot, gelukkige en trotse Wilgie-familie te word! Ons wil julle verseker dat julle
inskakel by ‘n skool waar ons ’n onderwyskorps van uitnemendheid het, waardeur die daaglikse opvoedings- en onderriggebeure van kwaliteit spreek.
Ons bestuur sê…
Hoërskool Die Wilgers bied wonderlike en interessante geleenthede om deel van die groot, gelukkige en trotse Wilgie-familie te word! Ons wil julle verseker dat julle inskakel by ‘n skool waar ons ’n onderwyskorps van uitnemendheid het, waardeur die daaglikse opvoedings- en onderriggebeure van kwaliteit spreek.
Ons strewe daarna om elke leerder op akademiese, geestelike, sosiale, kulturele en sportgebied tot sy volle potensiaal te laat ontwikkel. Ons wil sien dat elke Wilgie in die volwasse lewe sy/haar plek as ‘n gebalanseerde en verantwoordelike landsburger sal kan volstaan. Ons glo en vertrou dat alle nuwelinge, ouers sowel as leerlinge, ‘n lang verbintenis met Hoërskool Die Wilgers sal hê. Dat u deel sal word van hierdie uitnemende skool en mag u instrumenteel wees om Hoërskool Die Wilgers tot ongekende hoogtes te help uitbou.
Ons wens vir elkeen wat betrokke by Wilgies is, dat ons op Hom sal vertrou, dat ons by Hom nuwe krag sal vind, met arendsvlerke sal vlieg en nie moeg en afgemat in die wedloop van die lewe sal word nie. (Jesaja 50:31) By Wilgies hou ons vertikaal vas terwyl ons ons vlerke sprei.
Kultuur
Die Wilgers is bekend as ‘n toonaangewende kultuurskool.
Groot Wilgie-sterre… het almal klein begin!
DRAMA EN TONEEL
Kom leef jou talente op die verhoog uit; Wilgies maak hulle stemme dik regoor die land se verhoë.
KUNS EN ONTWERP
Animasie, ontwerp, fynere kuns of modelbou – by ons kan jy jou kreatiwiteit ontwikkel.
SANG EN PRODUKSIE
Laat die musieknote uit jou verrys! By Wilgies is ons tuis op die verhoog.

Sport
Almal wat wil deelneem kry die geleentheid. Elke Wilgie ontwikkel volgensy sy eie potensiaal met die ondersteuning van hoë kwaliteit afrigting in elke ouderdomsgroep. Het jy geweet slegs leerders wat in ‘n A-span speel, mag aan provinsiale proewe deelneem?
Lees meerUIT DIE WILGIE HART
Wilgies sê
Dit voel of ek hier behoort en ons ‘n familie is. Ek ontwikkel ook my geloof in die skool.
Zannelize van Greuning
Wilgie
Ek en my seun het van die eerste dag af BAIE WELKOM gevoel by Wilgies. My seun sê hy voel hy pas nou iewers in, wat hy nie voorheen al gevoel het nie. Dit het my vreeslik bly en gemaklik laat voel.
Charmaine Paul
Wilgie-ouer
Hoërskool Die Wilgers is waar ek my voete kon vind, vreesloos wees, my lewenslank vriende kon ontmoet en dit is ook waar my liefde vir die kunste begin het. Ek is verewig dankbaar en sal altyd ‘n trotse Wilgie bly!
Cintaine Schutte
Oud-Wilgie
Ons skoolbestuur
Mnr. Tommie Kok
Waarnemende Skoolhoof
Me. Petra Klopper
Adjunkhoof
Akademie
Mnr. Henco van Vuuren
Adjunkhoof
Logistiek en Terrein
Mnr. Johan Brits
Adjunkhoof
Sport en Wilgerbos Koshuis
Me. Riëtte Prinsloo
Adjunkhoof
Administrasie
Mnr. Ben Augostine
Kultuurhoof
Me. Annalien Venter
Bemarkingsbestuurder

Die Veldbrand Nuusbrief
Ons maandelikse digitale nuusbrief, Die Veldbrand, spog graag met die hart van elke Wilgie… waar elke kind die geleentheid gegun word om diep spore te trap. Kontak ons gerus om te adverteer.
Lees meerKontak ons
Adres:
Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria 0040
Telefoon:
+27 12 807 5229/31
E-pos:
Ons borge en vennote
Kontak ons gerus indien julle as borg by ons skool wil betrokke raak.

















