Frankweg 8, Die Wilgers, Pretoria
+128075229
hswilgers@hswilgers.co.za

Studiesentrum

Hierdie diens word op die skoolterrein aangebied en is gerig om leerders addisionele geleenthede in die akademie te gee. Die sluit die volgende aspekte in:


Wiskunde Sentrum

Gevorderde Wiskunde (AP Maths)

Hierdie is ‘n gevorderde Wiskundekursus buite die normale skoolsillabus.

Vanaf Graad 10 om die gaping tussen matriek-wiskunde en eerstejaar-wiskunde te oorbrug.
Kandidate sal na suksesvolle aflegging van die AP Maths Matriek-eksamen ʼn nasionale sertifikaat van die Onafhanklike Eksamen Raad (IEB) ontvang. Hierdie kwalifikasie is van onskatbare waarde vir leerders wat in ‘n wetenskaplike rigting wil studeer.

Die sillabus bestaan uit:
Afdeling 1: Calculus
Afdeling 2: Algebra
Afdeling 3: Statistiek

Die kursus word na-ure aangebied. Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: louwh@hswilgers.co.za   

Privaat Wiskunde Hulpklasse

Hulpklasse word gratis aangebied op Donderdae. Leerders kry die geleentheid om onder toesig Wiskunde te oefen. Daar is ook privaat hulpklasse teen vergoeding vir alle grade by die skool beskikbaar. Die dame wat die klasse by ons skool aanbied, is een van ons eie personeellede en volg ons jaarplan. Sy is in noue kontak met die Wiskunde departementshoof en bly op hoogte van die leerders se vordering in die skool. Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: louwh@hswilgers.co.za  

Junior AP Wiskunde

Waar ons die wiskundedenke van Graad 9’s stimuleer tot ‘n hoër vlak. Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: louwh@hswilgers.co.za

Wiskunde-oggendklasse 

Woensdag 6:00 – 7:00 – Nie-verpligtend
Wiskunde Graad 11 
Word sterk aanbeveel vir Graad 11-leerders wat sukkel met Wiskunde.
Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: louwh@hswilgers.co.za  
Wiskunde Graad 12 
Word sterk aanbeveel vir Graad 12-leerders wat sukkel met Wiskunde.
Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: louwh@hswilgers.co.za 


Wilgie Winterskool

Daar word die geleentheid aan Graad 12-leerders gebied om soos die behoefte ontstaan, Die Winterskool gedurende die Julie skoolvakansie in die volgende vakke by te woon:

  • Wiskunde Geletterdheid en Tegniese wiskunde
  • Fisiese Wetenskap en Tegniese Wetenskap
  • Lewenswetenskappe
  • Engels
  • Rekenaartoepassingstegnologie

Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: louwh@hswilgers.co.za   

Ander Ekstra Klasse

Ekstra klasse word in verskeie vakke op aanvraag gedurende die jaar en voor eksamens aangebied.

Naskoolsentrum

Die onderneming van Hoërskool die Wilgers se Naskoolsentrum is om ’n ondersteunende diens aan die skool te lewer en die skool se missie ten alle tye te onderskryf. 

Ons doelwit is om ’n veilige omgewing te bied wat op Christelike waardes gegrond is. Die Wilgers Naskool sal ingestel wees op die optimale individuele groei van leerders deur volledige toesig, die nodige ondersteuning en hulpverlening met akademie en die bestuur van aktiwiteite. Ons missie is dus om ‘n naskoolsentrum te bedryf wat waardetoevoegend sal wees tot die algehele beeld en sukses van Hoërskool Die Wilgers.

Leerders wat later die middag deur hulle ouers by die skool gehaal word, het geleentheid om by die Naskoolsentrum in te skakel. Die sentrum word deur ‘n eksterne dame, me. Tanya Gagiano bestuur. Navraag kan hieromtrent by me. Gagiano direk gedoen word. Kontak vir enige navrae: 082 941 1414

Huiswerklokaal

Leerders wat later die middag deur hulle ouers by die skool gehaal word, het geleentheid om in ‘n voorafbepaalde lokaal huiswerk te doen. Navraag kan hieromtrent by die administratiewe kantoor gedoen word. Kontak me. Gretha Wilkins vir enige navrae: hswilgers@hswilgers.co.za 


Olimpiades

Daar word jaarliks aan ‘n groot verskeidenheid vakolimpiades deelgeneem. Die deelnemers bepaal hul stand van kennis t.o.v. die vakrigting. Dit is ʼn geleentheid wat nie noodwendig leerplaninhoud toets nie. Ons was al die Nasionale Wenners van die Rekeningkunde Olimpiade. Kontak me. Hannelie Louw vir enige navrae: louwh@hswilgers.co.za  


Belangstellingstoetse vir Graad 9-leerders

Ten einde die Graad 9-leerders in staat te stel om ‘n ingeligte besluit ten opsigte van vakkeuses te neem, word aanlegtoetse op aanvraag afgelê deur buite instansie teen betaling. Terugvoer aan die ouers word persoonlik gedoen. Kontak me. Hester Booyse vir enige navrae: booyseh@hswilgers.co.za 

Graad 12-oggendklasse

Neem kennis: Hierdie oggendklasse is gevries tot verdere kennisgewing.

Die topbestuur van die skool het die volgende verlengde lestyd goedgekeur. Aangesien die ondergenoemde vakke se sillabusse baie lank en inoefening uiters noodsaaklik is, word die volgende verpligte verlengde lestye by Hoërskool Die Wilgers ingestel. Let wel dit is nie hulp- of ekstraklasse nie, maar verpligte verlengde lestye waar die betrokke onderwysers aangaan met die sillabus. Die tye is deeglik oorweeg en is so gekies sodat dit die minste ontwrigting ten opsigte van ander bestaande aktiwiteite van die skool sal veroorsaak. Dieselfde reëling is by verskeie ander skole reeds in werking. Ons vertrou op u samewerking en dat u sal sorg dat u matriekkind betyds by die skool sal wees op al die dae wat op hom/haar betrekking het vir sy/haar eie beswil.

Maandag 6:30 – 7:30
Wiskunde en Tegniese Wiskunde
Wisk: Kontak me. Hannelie Louw of me. Annie Bothma vir enige navrae: louwh@hswilgers.co.za of bothmaa@hswilgers.co.za 
Teg Wisk: Kontak me. Susan Naudé vir enige navrae: naudes@hswilgers.co.za 

Dinsdag 6:30 – 7:30
Geografie – per geleentheid
Kontak mnr. Walter Booysen vir enige navrae: booysenw@hswilgers.co.za 

Graad 12-ondersteuningsklasse

Maandae – Donderdae 14:00- 15:00
Fisiese Wetenskap: Kontak mnr. Henco van Vuuren vir enige navrae: vanvuurenh@hswilgers.co.za