Sagtebal

Sagtebal is ‘n sport wat geniet kan word deur oud en jonk. As jy nog nie self gespeel het nie en jy dink aan die word Sagtebal dan sal jy dink die bal is sag. Jy sal verbaas wees hoe daardie bal voel. Dit is glad nie sag nie.
Hierdie sport is ingestel sodat ons dogters wat wil besig bly en ʼn gesonde lewensstyl wil geniet dit kan doen in die 3de en 4de kwartaal.