Rugby

2016

Wat ń ongelooflike jaar van Rugby vir Hoërskool Die Wilgers. Ongekende hoogtes en ongelooflike prestasies is deur ons “Rugby-seuns” in 2016 bereik.
Ons het 23 seuns gehad wat vir die verskillende verteenwoordigende spanne van Noord Transvaal en die Bulls gespeel het. Verder het al ons rugbyspanne in die finaal van die Pretoria Beker gespeel. Die o/15 , o/16 en Eerste Span het hulle wedstryde gewen en sodoende as die Wenners van die Liga geëindig.

Die “White Sharks” en die o/16- span het verder deelgeneem aan die Virseker-Beeld trofee, waar albei spanne hul skool ongelooflik trots gemaak het.
Die o/16-span het gevorder tot die Kwart eindstryd en Die White Sharks tot die Semi finaal van die gesogte trofee. Voorwaar n buitengewone prestasie deur albei spanne.

2017 behoort ń jaar van uitdagings en hoër hoogtes op die vorige jaar te wees. Ons sien behoorlik uit daarna.