Gasvryheidstudies

  • ‘n vak waar jy jou kreatiwiteit kan uitleef
  • Bestaan uit 2 komponente:
    1. Teorie
    2. Prakties
  • ‘n vak wat beroepsgerig is
  • Geleenthede bied om na skool direk in die bedryf in te stap
  • In gasvryheid leer ons onder andere oor …
    1. Veiligheid in die kombuis
    2. Voedsel- en drank bestuur
    3. Voedselkommoditeite
    4. Voorhuisbestuur
    5. Mesvaardighede
    6. Praktiese kookperiodes en praktiese restaurantaande (PAT)
  • Moontlike beroepe:
    1. Privaat spyseniering
    2. Professionele chef
    3. Hotelbestuur
    4. Funksie koördineerder
    5. Eie onderneming
    6. Opleiding
  • Feite oor die vak:
    1. Daar is leerwerk
    2. Jy werk ‘n werkboek waarin jy opsom en al jou praktiese voorbereiding doen
    3. Daar is kostes aan verbonde met die aankoop van jou sjefsklere en kelnerklere en die werkboek.
    4. Ons bak nie net koekies nie
    5. Ons werk hard tydens ons restaurantaande, MAAR die resultate is uit die boonste rakke!
    6. Ons wys tydens praktiese en restaurantaande ons eie “Master sjefs” aan, dis die sjefs/sjef wat tydens die prakies uitnemend was.
    7. Dis die ENIGSTE vak waar jy jou klaswerk kan eet!…’n RESEP TOT SUKSES!