Category / Sport Nuus / Sagtebal / Sport Nuus / Voorblad nuus

    Loading posts...
  • Sagterbal wenners

    So sluit ons die sagtebalseisoen op ‘n hoogtepunt af. Ons is ongelooflik trots op elke sagtebalmeisie wat die seisoen hard gewerk het; elke wedstryd opgedaag het en hard geoefen het. Julle het ons naam hoog gehou. Die sagtebalskuif van die C-liga na die B-liga waarin meeste van die groot skole deelneem, is vir ‘n klein…

  • Stoei – leerlingprestasie – Noord-Guteng stoei-kleure

      Dit is vir  ons  aangenaam om u mee te deel dat die volgende leerling/e van u skool gedurende hierdie jaar spesiale stoei-prestasies gelewer het:   Arno Van Zijl   Prestasies: Noord-Gauteng Vrystyl Presidente Kampioenskappe – Goud Noord-Vaal Liga – Bulls Span – Deelname SA Vrystyl Kadet Kampioenskappe – Goud Afrika Vrystyl Kadet Kampioenskappe –…

  • Atletiek – Naboomspruitbyeenkoms 2018

      Die Wilgers was vanjaar weer by die Naboomspruitbyeenkoms gewees. Daar was oor die 52 skole van regoor Suid-Afrika. Baie van ons atlete het persoonlike bestes in hulle items gekry. Baie geluk aan elkeen van die atlete: Anja Müller: Verspring PB 4.36m Emke Stronkhorst: 800m PB 2.36 Mari du Toit: Gewigstoot PB 10.60 Melandi Müller:…

  • 0/14 Sagtebal wen liga.

      Verloor slegs 1 wedstryd die hele seisoen. Wen semi-finaal 29-3 Liga wenners na sege van 32-1 Hiermee skuif span op na B liga. #wilgietrots!

  • Sagtebal

    Sagtebal: Kom ondersteun gerus die sagtebal meisies Wedstyd Vrydag: 31/08/2018 tuis teen Sutherland Woensdag: 05/09/2018 Distriks proewe Vrydag: 07/09/2018 tuis teen Willowridge

  • Krieket

    Die o/15 krieketspan van Die Wilgers het Donderdag, 23/08/18,  ʼn wedstryd gespeel teen Uitsig.  Ongelukkig het ons die wedstryd verloor met 1 lopie, maar dit was ‘n spanningsvolle wedstryd. Uitsig teken 124 lopies aan in hul beurt en ons, in antwoord, teken 123 lopies aan met Zerwick de Lange wat 41 lopies aanteken. Die 2…

  • Bergfiets

    Saterdag, 25 Augustus, het 4 van ons manne ‘n monster van ‘n baan by St Stithians College aangepak. Die graad 8’s het 3 rondtes van ongeveer 5.5 km elk aangepak en Lafras Moolman 4 rondtes. Daar was geen tekort aan uiters uitdagende opdraandes nie, asook ‘n hele paar tegniese areas waar Phillip en Lafras so…

  • Bergfietsry

    Wilgers is met trots verteenwoordig, tydens die Spurreeks vir bergfietse by Eduplex op die 11 de Augustus, deur 4 ryers wat in Wilgie-klere ons naam hoog gehou het. Nie net met hulle vertonings nie, maar ook met hulle goeie gedrag. Die baan was volgens ander spanbestuurders baie moeilik en baie tegnies. Hulle uitslae is soos…

  • Ruitersport Gauteng Finaal

    Ons is baie trots op ons ruiters wat albei gekwalifiseer het vir die Gauteng Finaal wat die naweek by Kayalami Equestrian Centre plaasgevind het. Marike Pauw, gr. 8 het  ‘n totaal van 60.6% behaal in dresseer op haar perd, Edel Gamma.   Marike Pauw, graad 8, en Edel Gamma   Vicky van den Berg in…

  • Krieket

    Die 0/14 en 0/15 spanne oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae om 14:30 -16:00, die seniors oefen ook op dieselfde dae, maar begin 15:30-17:00. Wedstryde word soos volg gespeel: 0/14 speel op Dinsdae; 0/15 op Donderdae; 2des op Maandae en 1stes speel op Saterdae.   Die volgende wedstryde is dan soos volg: 0/14-  Dinsdag, 14 Augustus,…