Category / Ouersake / Leierskap nuus / Personeel / Voorblad nuus

    Loading posts...
  • Uit die kantoor

    Goeiedag Ouers Ons herinner u aan die Algemene Ouer-jaarvergadering op 20 November 2018, om 18:00 in die skoolsaal. Bring u ID saam om te kan registreer. Om ʼn besluit te neem oor die begroting vir 2019, móét ons ʼn bepaalde kworum behaal. Daar moet dus genoeg ouers teenwoordig wees. U kan die voorgestelde begroting vir…

  • Algemene Ouer-Jaarvergadering

      Hierdie kennisgewing vervang die datums en tye van Omsendbrief 27 van 2018. Die jaarlikse Algemene Ouer- Jaarvergadering waar die Beheerliggaam die beplande begroting van 2019 aan die ouers gaan voorlê vir insette, bespreking en aanvaarding gaan plaasvind: Plek: Hoërskool Die Wilgers se skoolsaal Tyd: 18:00 Datum: Dinsdag, 20 November, 2018 Indien daar met hierdie…

  • ‘Kuier-en-Dans’ / ‘Kuier-en-Sokkie’

    Ouers, oud-leerders, vriende, onderwysers, gades en metgeselle word hiermee herhinner aan  ‘n heerlike, stylvolle en gesellige ‘Kuier-en-Dans’ wat gehou gaan word in HSDW se saal en terselfdertyd ‘n ‘Kuier-en-Sokkie’ vir ons leerders en hul vriende op die vierkant onder genoegsame volwasse toesig. Hierdie projek word as ‘n heerlike sosiale geleentheid beplan, met ondersteuning van ouers…

  • Klerebank

    Die winterserpe word weggepak en ‘n splinternuwe voorraad haarlinte vir dogters word nou uitgepak! Dit is beskikbaar in geel, wit en bottelgroen; het die skoolwapen op en kos R15 elk. Kom tooi julself vir die lente!

  • Uit die kantoor – 31 Augustus

    Hoe om take betyds af te handel. Van uitstel, kom afstel… ja, ons weet dit almal! Maar hoe kan jy werklik die take van vandag afhandel? Ek weet ek moet die take en pat’s inhandig en ek moet begin leer vir my toets of eksamen. maar dan spandeer ek ure op die internet of Facebook.…

  • Nuus vanaf die Beheerliggaam

      Beste ouers Ons eerste baie suksesvolle en prettige Wilgie Wieledag is verlede Saterdag aangebied. ‘n Reuse dankie aan elkeen wat op watter manier ook al betrokke was by hierdie dag. Julle maak ons baie trots! Dagboek solank ons volgende groot pretdag, die kaskardag, wat gehou sal word op 13 Oktober, 2018. Stoele Ons stoele-projek het…

  • “MY SCHOOL”-KAART

    Baie dankie aan al ons ouers, vriende en onderwysers wat die “My School”-kaartprojek ondersteun . U het dié maand R2086.40 vir die skool ingesamel .

  • Sluitkassies/Toesluitkas

    Ons het weer eens versoeke ontvang vir sluitkassies. Daar is egter nie meer beskikbaar op huurkoop nie. Ons het dit goed gedink om soos vroeër hierdie jaar vir u die geleentheid daar te stel deur ekstra sluitkassies aan te koop vir leerders wat nog belangstel. Die sluitkassie is dan u kind se gebruiksreg tot die…

  • Ons voorportaal

    Goeiedag Ouers en Voogde Weekliks is dit vir my die heerlikste verwelkoming as ek ons skool se voorportaal betree en ek word begroet met die lieflikste en oorspronklikste blommerangskikkings… Ek stop dadelik, net daar, in my spore en vir ’n oomblik laat ek myself toe om hierdie prag te bewonder, in te neem en verder…

  • Uit die kantoor, 3 Aug 2018

    Die Junie eksamen is afgehandel. Dit was vir die graad 8 en 10 leerders hulle grootste eksamen tot dusver. Die leerders het oor die algemeen nie goed presteer in die eksamen nie. Dit was die rede vir die oueraand en die rooibriewe. Ons wil graag help en die leerders motiveer om harder te werk en…