Ouer waardering

Ons plaas die laaste van drie skrywes waar ʼn ouer waardering uitspreek teenoor een van ons onderwysers.

20 November 2018

Beste Mnr. de Vos

Aangaande Mev. Naude — Wiskunde Onderwyseres Gr 8

Ek wil graag onder u aandag bring hoe geweldig tevrede ons is met mev. Naude. Ons was ‘n klein bietjie bekommerd oor x se wiskunde toe ons met die Hoërskool begin het. Die eerste kwartaal het hy vroeg in die 70% gekry en net daar het sy met haar uitstekende manier van klas aanbied en toegewydheid x geswaai na ‘n kwartaal punt van 98%. Daar is eintlik geen manier hoe ‘n mens jou dankbaarheid kan uitspreek nie — dit is eenvoudig net fantasties. X se liefde vir wiskunde het geweldig gegroei en dit kan net toegeskryf word aan n goeie wiskunde onderwyseres soos mev. Naude.

Kan u asb. hierdie brief op haar personeellêer plaas en haar ook asseblief in kennis stel dat ons baie tevrede met haar is. U hoef nie te sê wie die brief geskryf het nie, maar dit is vir my belangrik dat ‘n onderwyser hoor dat ouers met hulle tevrede is — ons is geneig om eerder te kla as om te prys.

Vriendelike groete.