Ouer waardering teenoor ʼn onderwyser .

Hiermee die tweede van drie plasings waarin ʼn ouer waardering teenoor ʼn onderwyser uitspreek.

20 November 2018

Beste Mnr. De Vos

Aangaande Mnr. Van Vuuren — Natuurwetenskap Onderwyser Gr 8

My seun het hierdie skooljaar begin met amper geen liefde vir natuurwetenskap. Dit was ‘n vak wat hy amper geen belangstelling in getoon het nie. Vir my wat by die WNNR werk, was dit nogal hartseer, want ek besef hoe belangrik die vak is vir veral navorsing — iets wat broodnodig is en afgeskeep word in ons land. Mnr. van Vuuren het hierdie persepsie by my seun helemal verander en in die eerste kwartaal alreeds het hy geweldig belangstelling daarin begin toon en ook sy punte het verbeter.

Mnr. van Vuuren se rustige manier van klasgee, sy passie vir sy vak en die feit dat die kinders die diere in die laboratorium mag hanteer, het so ‘n groot rol daarin gespeel.

Kan u hom in kennis stel dat ons baie tevrede met hom is. U hoef nie te sê wie die brief geskryf het nie, maar dit is vir my belangrik dat ‘n onderwyser hoor dat ouers met hulle tevrede is — ons is geneig om eerder te kla as om te prys.

Vriendelike groete.