Sosiale Media

Facebook

Hoërskool Die Wilgers

Die skool van keuse in Pretoria!
Hoërskool Die Wilgers
Hoërskool Die WilgersFriday, September 29th, 2017 at 12:23pm
Sagtebal, 26 September
Die laaste wedstryd van die seisoen was teen Hoërskool Tuine op 26 September, 2017.
Uitslag was soos volg:
0/14 Wen 12 teen 7
0/15 Wen 10 teen 0
0/19 Verloor 7 teen 11
Baie dankie vir die ouers se ondersteuning deur die seisoen en al die leerders wat so getrou kom oefen het.
Sagtebal - Groete,
Hoërskool Die Wilgers
Hoërskool Die WilgersFriday, September 29th, 2017 at 12:23pm
Hiermee wil ons net baie geluk en dankie sê aan al die gholfspelers vir die afgelope 2017- gholfseisoen. Dankie dat julle soos trotse Wilgies ons naam hoog gehou het op en van die gholfbaan af.
Ons het meegeding teen skole soos Menlopark, Pretoria Boys High, Swartkop en Sutherland. Wilgers het weer eens bewys dat ons kan kompeteer met van die grootstes.
Ons sien uit na die 2018 - gholfseisoen en beplan om dié sport na nog hoër hoogtes te neem.
Groete
K. Coetzee
Gholforganiseerder
Hoërskool Die Wilgers
Hoërskool Die WilgersFriday, September 29th, 2017 at 12:22pm
Ons Krieket het hierdie afgelope week weer baie goed gevaar teen onderskeidelik Hendrik Verwoerd en Cornerstone. Die 0/14s het teen Hendrik Verwoerd gewen met 10 paaltjies. Elroe van der Heever en Zerwick de Lange het puik presteer met die kolf. Zerwick maak 38, nie uit nie en Elroe 31.
Die 2de span het teen Cornerstone gespeel en wen die wedstryd met 7 paaltjies. Estian Eek het daar baie goed gedoen met die kolf en maak 55 lopies, nie uit nie.
Die 0/15s speel ook teen Hendrik Verwoerd en wen met 8 paaltjies. Dian Ferreira presteer goed met die kolf en maak 32.
Die eerste span speel teen Hendrik Verwoerd en wen met 70 lopies. Jondré Viljoen maak 73; Erich Venter maak 33 en Rudó Fourie maak 36, wat ons toe ‘n totaal gee van 191. Hendrik Vewoerd word toe uitgeboul vir 121 lopies. Erich Venter lewer weer ‘n puik prestasie met die bal en vat 6 paaltjies vir 47 lopies.
Baie geluk aan elke span en hul afrigters; ons is baie trots op julle.
Krieketgroete
Johan Brits
Hoërskool Die Wilgers
Hoërskool Die WilgersFriday, September 29th, 2017 at 12:21pm
Gedurende die kort vakansie vind die Somerweek by ons plaas. Ons ontvang 1000 plus leerders en ouers. Die week behels Sewes Rugby, Sewes Krieket en “Fast Five”-Netbal. Baie dankie aan al ons ouers, leerders en personeel vir julle bereidwilligheid om die skool te help.
Hoërskool Die Wilgers
Hoërskool Die Wilgers added 2 new photos.Friday, September 29th, 2017 at 12:21pm
Ons nooi graag alle ouers en leerlinge uit om meer gebruik te maak van hulle “MySchool MyVillage MyPlanet” en Makro SA- kaarte. Maak seker dat julle dit wel koppel aan Hoërskool Die Wilgers.

Dit is 'n wonderlike ekstra bron van inkomste wat die skool goed sal kan benut. By voorbaat dankie vir julle ondersteuning!
Hoërskool Die Wilgers
Hoërskool Die WilgersFriday, September 29th, 2017 at 12:20pm
Op 12 Oktober sal die derde Fotodag vir 2017 plaasvind. By die geleentheid word die uitstaande sportfoto’s van fotodag 2 geneem asook die somersport se foto’s soos sagtebal en krieket.
Leerders word versoek om seker te maak dat hulle hul sportdrag by die skool het. Enige ander foto’s wat nog uitstaande, is sal met die leerders gereël word dat dit in skooldrag met baadjie en das geneem sal word.
%d bloggers like this: