Uit die Kantoor

Goeiedag Ouers

Die eksamen het nou vir alle leerlinge begin en ons wens die leerders sterkte toe. Sterkte ook aan die ouers wat hul kinders so mooi ondersteun.

Ons vra egter dat die ouers ons met die volgende sal help:

  1. Die skool begin stiptelik om 07:30 met opening op die vierkant.
  2. Leerders moet nog steeds netjies wees en hul skoolklere volgens die voorskrifte dra.
  3. Alle handboeke moet ingehandig word maak seker u kind se naam is voorin geskryf.
  4. Graad 8 en 9 verdaag om 11:00.
  5. Graad 10 en 11 verdaag volgens die eksamenrooster sodra hulle klaar geskryf het.