Sagterbal wenners

So sluit ons die sagtebalseisoen op ‘n hoogtepunt af. Ons is ongelooflik trots op elke sagtebalmeisie wat die seisoen hard gewerk het; elke wedstryd opgedaag het en hard geoefen het. Julle het ons naam hoog gehou. Die sagtebalskuif van die C-liga na die B-liga waarin meeste van die groot skole deelneem, is vir ‘n klein skooltjie baie goed. Hier is die prestasies van die spanne:

o/14 Wen die C – & D-liga

o/15 is die naaswenners in die C- & D-liga

o/16 Wen die C – & D – liga

o/19 is 4de in die C- & D-liga

Dankie ook vir elke ouer se ondersteuning die seisoen; ons sien uit na volgende jaar se seisoen.